SOUSERIGE MAC AND CHEESE


SOUSERIGE MAC AND CHEESE
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff
1 pak pasta van jou keuse gekook
1 kg maer beesmaalvleis
1 groot ui gekap
½ groen soetrissie fyn gesny
1 teelepel fyn knoffel
enige speserye en kruie van jou keuse
½ koppie blatjang
3 meduim tamaties in skywe gesny
1 bakkie gesnyde sampioene
4 koppies Cheddar kaas gerasper of meer
1 liter witsous klaar gemaak
Braai die ui, greenpepper en knoffel.
Voeg die maalvleis by en voeg sout, peper, speserye of kruie by. Maak maalvleis los en braai bietjie.
Voeg die sampioene by en braai bietjie.
Voeg die tamatie skywe by en meng deur, prut sonder deksel.
Voeg bietjie blatjang by en meng deur, prut nog tot die meeste vloeistof weg gekook het.
Skep afgespoelde gaar pasta by maalvleis mengsel. Roer deur.
Skep alles in oondvaste bak, skep witsous bo oor en werk liggies deur. Ek het kaas by my witsous gesit vir kaassous.
Sprinkel gerasperde kaas bo oor en bak in voorverhitte oond op 200ºC tot mooi bruin.
8 persone kan eet van hierdie resep. Groot porsies met ‘n groenslaai. Ek het 2 bakke gemaak.