SALLY SE HOENDERLASAGNE


SALLY SE HOENDERLASAGNE
Resep geplaas deur Sally Everson
FOOD LOVERS RECIPES
1 groot heel hoender
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap
2 blokkies hoenderstok
250 g sampioene, opgesny
750 ml water
2 blikke gekapte tamaties, sonder skil
30 ml blatjang
10 ml bruinsuiker
1 kleinerige rissie, met pit, opgesny
sout en peper na smaak
250 g lasagne velle
375 ml gerasperde mozzarella kaas
Kaassous:
30 ml botter
30 ml koekmeel
500 ml warm melk
375 ml gerasperde cheddar kaas
sout en peper na smaak
1 eetlepel olyfolie
½ koppie gerasperde kaas
Braai die uie, soetrissie en sampioene saam.
Kook die hoender in die water en aftreksel tot sag.
Laat afkoel en ontbeen.
Voeg die hoender, tamaties, blatjang, bruinsuiker, rissie, uiemengsel, sout en peper alles in een pot.
Kook oor lae hitte tot sous lekker dik is.
Maak nou jou kaassous. Smeer ‘n lagie kaassous onder in die glasbak en plaas jou velle daarop.
Skep die helfte van die hoender oor.
Strooi mozzarella kaas en helfte van kaassous oor.
Sit weer ‘n laag velle oor die kaassous. Dan weer hoender, kaas en laaste weer kaassous.
Indien jy wil strooi kaas bo-oor.
Plaas in oond en bak vir 30 min teen 180°C of tot mooi liggoudbruin.
Nota:
Ek maak bakke vol en vries dit vir wanneer ek en manlief nie lus het om te kook nie, dan haal ons ‘n bak uit en ontdooi en maak warm. Kinders werk laat, dan haal hulle net uit, ontdooi en druk die aand in die oond. Hulle is mal daaroor. Jy moet net sien dat jy die hoender lekker droog kook, anders is dit baie souserig.