ROMERIGE MOSSELSBROODJIES

ROMERIGE MOSSELSBROODJIES
Genoeg vir 4 mense
2 blikke (85 g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 koppie) Cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ koppie) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise.
Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
Sit dadelik voor saam met slaai.
Ek het net die uie uit gelos en dit vervang met knoffel. So teelepel. Bietjie sout en peper bysit.
Resep en foto geplaas deur Marika Tegmann