POPEYE SLAAI

POPEYE SLAAI
Vir eeen mamoewiese slaai
1 pak baba spinasie
2 klein pakkies gerasperde beet
1 rooi ui, in halfringe gesny
6 groot wortels, in dun ringe gesny
2 wiele fetakaas
1 houer cherry tamaties, gehalveer
1 pakkie sampioene, gesny
½ komkommer, gesny
1 bottel Ina Paarman feta en knoffel slaaisous

Lê sampioene oornag of 4 tot 8 ure in die slaaisous.
Maak slaai – gooi sampioene en sous by en roer goed deur!
Ons het dit saam braaivleis geniet, omdat ek nie stysel mag eet nie.
Nota:  Ek het leftovers gevat en steak bygesit en dan ook bone vir twee verskillende middagetes.
Foto en resep deur Leandri Potgieter