PAPAWERSAADKOEK

PAPAWERSAADKOEK
250 g (275 ml) margarien
210 g (250 ml) strooisuiker
3 ekstra groot eiers
10 ml gerasperde lemoenskil
240 g (500 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
80 ml papawersaad
5 ml Vanilla geursel
60 ml onversoete Lemoensap
Sous:
180 ml lemoensap
60 tot 125 ml suiker
Gerasperde lemoenskil na smaak
± 15 ml Sjerrie of van der Hum likeur opsioneel

Stel die oond op 180°C.
Room die botter tot lig en romerig.
Voeg die suiker geleidelik by en meng deurentyd.
Klop die eiers een vir een by.
Voeg die lemoenskil by en meng goed.
Sif die droë bestanddele twee keer saam en voeg dan die papawersaad by.
Voeg die vanilla geursel by die lemoensap.
Vou die droë bestanddele om die beurt met die lemoensap geleidelik by die eiermengsel in.
Skep in ‘n gesmeerde pan ( gat in die middel ) en bak vir 45 min. of tot gaar in die voorverhitte oond.
Sous:
Voeg intussen die bestanddele vir die sous bymekaar.
Meng goed, verhit tot kookpunt en prut ‘n paar minute.
Keer die koek dadelik op ‘n bord uit en giet die warm sous oor.
Bedien met mengsel van gelyke dele room en ongegeurde jogurt.
Bron: Lienie Struwig