MAGOGO’S KERRIEHOENDER

MAGOGO’S KERRIE HOENDER (Zulu vir – Ouma se kerrie)
Genoeg vir 10 mense
Plasing: Albert Buitenhuis
Resep: Marie Parkin
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg hoenderporsies (nie die wat vol water gepomp is nie)
12 medium uie – gekap
4 groot Granny Smith appels – gerasper
6 eetlepels (90 ml) kerriepoeier – nie “hot” nie
½ koppie (125 ml) ollie
2 blikkies (2 x +/-410 g) goeie kwaliteit hoender roomsop
5 ml paprika
Soet en peper na smaak
Braai (sweet) uie in olie tot deurskynend. Roer appel en kerriepoeier by en braai vir nog ‘n minuut of 3. Verwyder van die hitte.
Sprinkel die hoender met paprika, sout en peper en plaas in ‘n oondbak.
Bedek met uie- en appelmengsel.
Bedek alles met die hoendersop.
Bak onbedek in ‘n lae hitte oond (140° tot 160°C) vir 2 ure.
Bedien met geel rys asook groente indien jy die dis wil rek.