LEMOEN EN WHISKY MARMELADE


LEMOEN EN WHISKY MARMELADE
Ek kry vandag ‘n boodskap van ‘n vriend wat die laaste van sy voorraad van my lemoen en whiskey marmalade klaargemaak het :
Ode to Petro Marmalade
Wherefore art thou whisky jar
Breakfast is not without a scar
Supply so cherished
gone, and leaves one malnourished.
Breadbasket is now arid
Woolies interim pot added
Relief will surly not be brief
Citrus blossoms
wished for in volumes
Alas the wait protracted
until Wakkerstroom plantation allocated.
(ons beplan om in Wakkerstroom te gaan aftree – dis waar daai verwysing in pas)
LEMOEN EN WHISKY MARMELADE
Per gewig – 1 deel sitrus tot 1 deel suiker (bv 1 kg lemoene + 1 kg suiker).
Ek toets die smaak ek gebruik meestal 2/3 tot 3/4 maksimum suiker.
Moenie minder as die helfte suiker gebruik nie.
Genoeg water om die skille net net te bedek om in sag te kook)
Druk sap uit, hou pitte eenkant.
Gooi omtrent 2 koppies water om dit in te laat week, verkieslik oornag.
Jou pektien word uit die pitte verkry.
Bind die pitte in ‘n moeselien doekie toe.
Verwyder die vliese uit die doppe, prut die doppe in kookwater tot sag genoeg om vuurhoutjie se agterkant maklik deur te druk. Verwyder uit water, laat afkoel. Sny met ‘n baie skerp mes in dun repies. (*sien ander opsie onder aan)
Voeg die sap, water waarin die skille gekook het en die water waarin die pitte geweek het, asook die suiker en die gesnipperde skil in ‘n groot kastrol en verhit. (**lemoen konsentraat kan addisioneel bygevoeg word)
Konfyt moet nooit dieper as 5 cm in die kastrol wees nie, anders vat dit te lank om stolpunt te bereik.
Roer tot suiker opgelos is voor die mengsel tot kookpunt kom, anders sandsuiker dit. Na suiker opgelos is, verhoog hitte en laat vinnig kook. Roer af en toe die bodem sodat dit nie vasbrand nie. Kook tot stolpunt (of 105 ºC) bereik is. Skep skuim af en laat 10 minute staan voor bottel – dit verhoed dat die skil afsak in die bottels. Skep in warm gesteriliseerde bottels tot net onder die nek en gooi whiskey bo op (sowat 1 eetlepel op 250 ml marmalade), vee bek skoon, draai deksels op.
* kook klomp skil in genoeg water om dit te bedek in die stoompot tot dit sag is – dit gaan eintlik baie vinnig. Wanneer genoeg afgekoel om hanteerbaar te wees,sny in dun repies. Voeg by res van kooksel so halfpad deur sodat dit nie te pap kook nie.
** Gooi ‘n liter gekonsentreerde lemoensap (soos Minute Maid) by, proe of nog suiker benodig word en kook soos normal. Dit het ‘n baie intense lemoensmaak agv die konsentraat.
– my verwerking van die resep uit BOTTEL EN GEBRUIK
Foto: Petro Borchard