KLAM WORTELKOEK

KLAM WORTELKOEK
Lewer 1 koek
Koek:
4 ekstra groot eiers
375 ml olie
375 ml strooisuiker
500 ml koekmeel
7,5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
10 ml fyn kaneel
2,5 ml gemengde speserye
knippie sout
185 ml klapper
185 ml rosyntjies
50 g (½ pakkie) pekanneute, fyngekap
750 ml geskilde, fyngerasperde wortels
Versiersel:
125 g (¼ blok) sagte botter
500 g (4 x 250 ml) versiersuiker, gesif
125 g (½ bakkie) laevetroomkaas
50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
knippie fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 160 °C.
Voer twee ronde losboomkoekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier uit.
Koek:
Klits die eiers, olie en strooisuiker vir 5 minute.
Sif die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, kaneel, gemengde speserye en sout saam.
Roer die klapper, rosyntjies, pekanneute en wortels by die meelmengsel tot goed gemeng.
Roer die eiermengsel by die meelmengsel tot goed gemeng.
Skep die beslag in die twee ronde losboomkoekpanne wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat bietjie in koekpan afkoel. Keer op ’n afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel en trek die bakpapier af.

Versiersel:
Verroom die botter en klits die versiersuiker bietjies-bietjies by.
Roer die roomkaas by die versiersel tot goed gemeng.
Smeer die versiersel op die koeke. Plaas lae bo-op mekaar en rond met gekapte neute en kaneel af.
2de Foto en resep geplaas deur Deidre Losper
Foto: Ria Mienie – ek het net rosyntjies bygevoeg
Hooffoto: Christo Anderson  – Ja dis die een ek het net nie rosyne gebruik nie maar korente hulle is kleinger en nie pekane neute nie maar whalnuts.

Foto: Anca Horn
Kommentaar:
I made a few small changes. I left out the coconut, used 100 g pecan nuts in the cake, used 15 ml instead of 10 ml cinnamon and a pinch of nutmeg. I also left out the raisins and put in half a cup more grated carrot. I also added some cinnamon and nutmeg and 2 ml lemon juice to the icing.