JACQUELINE SE LEMMETJIEPIEKEL

JACQUELINE SE LEMMETJIEPIEKEL
8 lemmetjies
1 eetlepel sout
2 eetlepels olie
2 cm vars gemmer geskil en baie fyn gesny of gerasper
3 knoffel huisies baie fyn gesny of fyngemaak
2 teelepels mosterdsaadjies
2 teelepels cumin poeier
2 teelepels koljander poeier
Halwe teelepel chili poeier ek het n teelepel in gesit
Bietjie borrie vir kleur (so halwe teelepel)
Halwe koppie water
Driekwart koppie bruin suiker
2 eetlepels wit asyn
Sny elke lemmetjie in 8 skyfies. Sit dit in n bak en sprinkel sout oor. Sit deksel op en laat staan vir 2 dae. Roer dit deur 2 keer n dag.
Gooi olie in n pot as die olie warm is gooi mosterd saadjies in en braai totdat dit pop, sit dan die cumin, coriander, chili poeier en borrie in roer deur en dan sit jy knoffel en gemmer in. Roer deur vir so minuut. Gooi jou lemmetjies in en roer deur. Giet dan die water, wit asyn en suiker by, verlaag die hitte en kook vir 15 minute. Gooi dit in flesse en los dit vir n week sodat die geure lekker kan ontwikkel.
Resep geplaas deur Jacqueline Butt Bierman
Foto: Jacqueline Butt Bierman