ITALIAANSE ROOMKOEK


ITALIAANSE ROOMKOEK
Deeg:
230 g botter
500 ml suiker
5 ekstra groot eiers, geskei
625 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
250 ml karringmelk
160 ml fyngekapte pekanneute
5 ml vanieljegeursel
60 ml klapper
2.5 ml kremetart
3 ml rumgeursel (opsioneel)
Versiersel:
315 g roomkaas
110 g botter
750 ml versiersuiker
375 ml gekapte pekanneute
15 ml vanieljegeursel
Smeer en voer drie losboomkoekpanne van 20 cm elk in deursnee uit met gesmeerde bakpapier en hou eenkant.
Stel oond op 180°C.
Room botter en suiker tot lig en voeg eiergele een-een by terwyl jy gedurig klits.
Meng meel en bakpoeier saam en voeg beurtelings met die karringmelk by geroomde mengsel.
Voeg neute, geursel en klapper by.
Klits eierwitte in groot mengbak tot skuimerig en voeg kremetart en rumgeursel by.
Klits tot stywepunt stadium.
Vou eierwitte liggies in by deeg. Verdeel mengsel tussen drie panne en bak sowat 25 tot 30 minute of tot gaar.
Laat 10 minute in panne afkoel.
Haal uit, verwyder waspapier en laat koud word op draadrak.
Versiersel:
Klits roomkaas en botter tot glad, voeg versiersuiker geleidelik by en vou laastens neute en geursel in.
Smeer tussen elke laag asook langs die kante en bo-op koek.
Versier verder soos verkies.
(Rumgeursel is van die rakke af: eerste keer dat ek dit gebak het, het ek sommer so klein bietjie rum ingegooi)
Vir die van julle wat die resep wil uittoets… nadat julle die koek versier het, laat dit oorstaan tot die volgende dag, dan is dit nie meer so ryk nie.
Foto en resep geplaas deur Deidre Losper