IDEES VIR BYKOSSE EN SLAAIE VIR ‘N BRAAI

IDEES VIR BYKOSSE EN SLAAIE VIR ‘N BRAAI
Elza Charlez:
Klein gekookte aartappels in bacon toegedraai.
Hotdog rolls, maak vir elkeen sy eie garlic broodjie.
Linda Laing
Broccoli slaai. Broccoli, gebraaide bacon, uie ringe, gekerfde neute, sprinkle “pine nuts”. Sousie gemaak van mayonnaise, asyn en suiker. My mense is mal daaroor.
Elsabé Burger
Gebakte butternut feta uieflokkies en salad sprinkle!
Gesond lekker
Welserine Engelbrecht Strodike
Koop deeg by spar, maak bolletjies. Sit in jou oondpan, gooi bruin suiker en room oor en bak.
Antoinette Roux Ribeiro
Ons maak groente pakkies in die oond.
Verskeidenheid groente met speserye en bietjie botter, toegedraai in foelie.

Lorna Haasbroek Els
KORSLOSE GROENTE GEREG
500 g gemengde groente (gevriesde groente sal ook werk)
1 ui gekap
5 repe spekvleis gesnipper
250 ml gerasperde kaas
125 ml olie
2 eiers geklop
1 blik pitmielies gedreineer
125 ml melk
Sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam. Skep in ‘n vuurvaste oond bak ten minste 2lit. Bak sowat 45 min in voorverhitte oond by 180°C. Sit warm of koud voor met braaivleis.

Nico Oosthuizen
Groen appel en vanilla jogurt slaai
Vat granny smith appels sny hulle in blokkies.
Sit so bietjie neute.
Sit bietjie Bosbessies (cranberries) by.
Bedek alles met vanilla jogurt.
Roer deurmekaar en bedien.
Moet verkiesklik eers ‘n rukkie in die yskas wees.

Marisa Brand
Potato bake.
gebakte aartappel met suurroom, baba aartappeltjies deurgesny, gebraai met knoffelbotter, uie en bacon
Mark Steven Smith
Baby aartappels gekook in asyn en rissies !!!!

Heidi Hendricks
Gerookte hoender slaai.
gerookte hoender fillette
blaarslaai en groen appels
Sny blokke of fyn soos verkies meng met mayonnaise

Melissa Viljoen
Groot mushrooms met garlic en botter in die middel, gebak in die oond of op die braai. Altyd lekker vir ‘n braai bykos

Ivanda Venter
Angel hair pasta slaai. Ina Garten resep.
Marineer vir vier ure so 200 g rosa tamaties in helfte gesny, met so twee lepels vars knoffel, 9 basil blare gesny en olyfolie, sout en peper. Kook so 5 bondels angel hair pasta en dreineer. Voeg gemarineerde tamaties by terwyl pasta warm is, een koppie fyn kaas soos parmesaan en bedien dadelik. Heerlik.

Shané Du Toit
Beet en rocket slaai…(GROOT gunsteling van ons)
Of ‘n gestolde wortelring (in die hitte is dit altyd ‘n wenner).
Ivanda Venter
Ek is ook mal oor beet en rocket, ek sit bietjie feta, blokkies butternut, sonneblomsade en balsamic reduction by. Dit is soos Woolworths slaai. Hou van · 1 · 3 ure
Shané Du Toit
Presies so..myne kry ook Dannish feta by, met sade en cashews en dan maak ek ‘n sous met mosterd, balsamic en bietjie heuning by…heerlik!!
Marieta Matthews
Waatlemoen (in blokkies gesny), vars mint en fetaslaai. Sprinkel bietjie olyfolie oor. Klink weird maar dis heerlik, gesond, en maklik
Elize De Lange
Koop Buns sny hulle middeltwee. Braai uie, bacon, mushrooms en greenpepper en spice die mengsel… Meng die mengsel met mayonnaise en bietjie gerasperde cheddar en pak dit op die broodjies. Rasper kaas bo-oor en bak in die oond tot goudbruin..

Ella Nortje
2× blikke heelpit mielies
‘n ui
green pepper fyn gekap
n wieletjie feta kaas in gekrummel
en n halwe koppie kaas blokkies gesny met sout en pepper en n bietjie slaai sous

Anita Huisamen
Koeskoes slaai.
Maak koeskoes gaar. Pak in bak in rye. Koeskoes, groen appel in blokkies, rooi appel in blokkies, kaas blokkies, dadels klein stukkies. Elkeen in sy eie ry behalwe kaas. Gooi kaasblokkies en neute bo oor. Lekker, kleurvol. Pas op vir te veel koeskoes.

Maryke Ryan
My oom Atti se mieliegereg
60 ml koekmeel
60 ml suiker
60 ml olie
10 ml pakpoeier
4 eiers
2 blikke room mielies

Meng bestanddele goed.
Sit in ‘n oondpan
Bak op 180 ºC vir ‘n uur.

Olga Roux
Ma Marie se noodle slaai
500 gr screw noodles
2 groot wortels fyn gerasper
½ ui fyn gerasper
500 ml mayonnaise
¼ koppie olie
Bietjie swart peper grof
2 teelepels mosterd poeier
Blikkie kondensmelk
Knippie sout

Henrietta Boeije
Mollie se slaai
Meng piesangs, blikkie pynappel en pitmielies met gelyke dele mayonnaise en kondensmelk..almal hou daarvan

Anneline Hendricks
My eie braai slaai .
3 groot aartappels heel gekook
2 groot uie in ringe gesny en
2 groot tamaties in ringe gesny

Pak die ringe in lagies.
Sout en peper soos die lagies gepak word, net nie te veel nie.
Maak n witsous of kaassous en skep oor, sit in oond vir 15 minute. Kan warm of koud bedien word.

Esmarie Buys
BROCCOLI SLAAI
2 broccoli koppe (ek gebruik hier 1 broccoli en een blomkool)
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny
Sous:
250 ml mayonnaise of ½ ongegeurde joghurt en ½ mayonnaise
100 ml kondensmelk

Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies. Kook die broccoli en blomkool en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute. (jy blansjeer basies die broccoli en kool – kook net op)
Dreineer in ‘n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros.
Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng die kaasblokkies daarby in.
Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai.
Verkoel voor opdiening.
Ek gooi by my broccoli slaai ook neute by. Net voor ek dit opdien strooi ek een pakkie croutons oor.
Sit gerus paar rosyntjies, gevriesde ertjies en mielies by
1 teelepel kerrie by die mayonnaise en kondensmelksous is ook heerlik
Indien jy nie die mayonaise en kondensmelk sous wil maak nie, probeer die sous.
By die sous resep is dit wys om die slaai oornag te laat staan om “te trek” vir optimale geur
Sous
125 ml wit asyn
250 ml suiker
250 ml olie of minder
15 ml droë mosterd
Klits alles goed saam en skep oor die slaai.

Esmarie Buys
BLOMKOOLSLAAI
1 blomkool (in blommetjies gebreek)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)
6 groot radyse ( in skyfies gesny)
250 ml Cheddar kaas ( in blokkies gesny)
1 Bossie grasuie (fyn gekap) opsioneel
SLAAISOUS
100 ml suurroom
34 g Knoffelsousmengsels (2 x 17 g pakkies) ek gebruik knorr sien foto( gebruik droog)
100 ml mayonnaise
Plaas die alles in slaaibak en meng met slaaisous en knoffelmengsel.
Verkoel die slaai tot dit bedien word.
Hou redelelik lank in die yskas en word lekkerder soos dit staan!
Foto: Esmarie Buys (Blomkoolslaai)