GROOT BRUIN SAMPIOENE MET ‘N VERRASSING

GROOT BRUIN SAMPIOENE MET ‘N VERRASSING
Die hoeveelheid van die bestanddele is afhangende van hoeveel sampioene jy voorberei.
groot bruin sampioene
olyfolie
roomkaas
gekapte grasuie
balsamiese granaatasyn of gewone balsamiese asyn
gekerfde biltong
tamatieskywe
Cheddarkaas, gerasper
gekapte pietersielie
grofgemaalde pienksout en swartpeper

Plaas die sampioene op ‘n bakplaat, drup paar druppels olyfolie oor elke sampioen.
Geur die maaskaas met die grasuie en asyn volgens eie smaak.
Smeer met die agterkant van ‘n teelepel bietjie van die gegeurde roomkaas binne in elke sampioen, strooi die biltong bo-op die roomkaas en plaas ‘n skyf tamatie bo-op elke gevulde sampioen.
Sprinkel die Cheddarkaas en gekapte pietersielie laastens bo-oor en geur met die pienksout en swartpeper.
Bak die sampioene in ‘n voorverhitte oond by 180°C totdat die kaas gesmelt is. Bedien as voorgereg of as hoofgereg saam met groente.
Resep en foto: Fanie Smit