GEVRIESDE ETE IDEES

GEVRIESDE ETE IDEES
Amanda Theunissen:
Ek maak maalvleis gaar vir herderspastei, bobotie en spaghetti bolognaise. Dan vries ek dit so. Wanneer ek moet kosmaak rond ek net af deur kpokrtappels te maak of deur eiermelkmengsel oor te gooi of spaghetti te kook. So spaar jy baie tyd voor stoof
Liezl Brandt:
Lasagne, bobotie, pasteie, worsrolletjies, pizza bombs.
Marika Bresler:
Dit is ‘n slim plan! My een vriendin maak ook altyd ‘n klomp maalvleis gaar. Net basies met uie in. Sy vries dit dan in porsies en haal uit om bv spagetti bolognaise, “chilli con carne”, kerrie maalvleis vir vetkoek of jaffels, lasagne ens te maak. Jy kan nie glo hoe baie tyd sy spaar nie. En anders moet jy maar jou gaste ook betrek by die kosmakery.
Anneke Van Tonder:
Pasteie – hoender, wildsvleis, “steak en kidney”, ham met lekker dik kaassous, spinasie en feta ens.
Maak vooraf, vries en bak net in die oond op die dag van ete of jy kan dit selfs voor die tyd bak en vries en dan net warm maak.
Herderspastei, lasagne, pasta met kaas (mac en kaas), boudvleise / hoender / kerrie afval / tong / gekookte groentes / rys / bredies ens. Maak gaar en vries. Haal uit soos verkies en sit voor met souse en ander bykosse.
Marika Bresler:
Ek het dit ook by my vriendin Engela geleer! Dit werk regtig wonderlik, veral as jy maalvleis op ‘n spesiale aanbod kry, dan koop jy sommer ‘n lot en maak dit gaar en vries volgens jou behoefte!
Wietske Mioch Roux:
Bak muffins en skons en vries. Vars gebak altyd beter, maar so het jy meer tyd vir kuier!
Linda Laing:
Ek gebruik my prutpot. Bruin die vleis, berei groente saam met ontbyt. Pak die pot vol, haal rys uit vrieskas, teen vanaand eet ons lekker. Gunsteling is beesstert.
Rita Labuschagne:
Maalvleis en hoender is regtig staatmakers. Ek het al die volgende gedoen, voorberei tot net voor die bakproses.
Lasagna, sous en als gemaak.
Ipv pasta kan jy ook skywe gaar aartappel gebruik vir die lasagna.
Bobotie, hoenderpastei, hoender-/skaap-/ maalvleis-/ beeskerrie.
Ontbeende hoender reg vir a la king of Coranation hoender.
Gebottelde kerrievis.
Gebottelde 3-bone slaai, beet en kerriebone, die slaaie is baie handig.
Knoffelbrod, werk goed vir by die braai of bykos by enige ete.
30 dae muffins. Hou die deeg in die yskas en bak soos benodig.