SEMOLINA EN PEER MET GEMMER STROOP GEBAKTE NAGEREG

SEMOLINA EN PEER MET GEMMER STROOP GEBAKTE NAGEREG
5 peer helftes van geblikte pere. Sny in wiggies en hou eenkant.
1/2 koppie semolina
1/2 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
3 eetlepel strooisuiker
knippie sout
Sif droë bestansdele saam in groot mengbak.
In 250 ml maatkoppie gooi
1/4 koppie olie
1 eier
1/2 teelepel asyn
en maak vol tot by 250 ml merk met melk.
Kilts met vurk en gooi by by die meel mengsel en meng goed met draad whisk of eierklitser.
Spuit oondvaste bak van 2 liter inhoud met “spray and cook”
Gooi die beslag onder in bak. Skep die peer wiggies bo-op die degie.
Bak in voorverhitte oond by 200°C vir 20min of tot gaar en goudbruin bo.
*Ek het vanaand hierdie in my LG Solardom konveksie oond gebak:
Speed Combi 5 180°C + M/W 180W vir 20 min

Terwyl dit bak maak die stropie:
1 koppie van die geblikte peer stroop
2 eetlepels gemmer stroop (van my gepreserveerde gemmer stukke wat ek vir vrugtekoeke gebruik)
Paar stukke van die gepreserveerde gemmer dun gesny
3 eetlepels strooisuiker

Kook tot die stroop begin verminder tot ongeveer half koppie vloeistof.
Sodra die gebakte nagereg uit oond kom gooi die warm stropie oor die warm nagereg en bedien met dik vla of room. Vir die foto het ek met versiersuiker gesprinkel.
Foto en resep: Elsabie Templeton