CUBAN SKYFIES

CUBAN SKYFIES
Foto en resep deur Bëauty Mazibuko II
2 de Foto:Bianca Greyling‎
FOOD LOVERS RECIPES
Dis nou die lekkerste chips en dis vrek vullend
1 pakkie fyn gemaakte spek (bacon)
1 pakkie Knorr Pasta Sous 36 g (Three Cheese)
2 eetlepels koekmeel
1 Vienna gekerf
250 ml melk
‘n handvol gerasperde kaas
gevriesde McCAIN Skyfies (slap chips)
Speserye (van jou keuse)
Plaas die skyfies in die mikrogolf tot dit ontdooi is. Braai die skyfies dan in kookolie tot die lekker crispy is. Haal uit en plaas dit op ‘n bord en sprinkel bietjie sout en speserye daaroor
Braai dan die spek tot dit crispy is.
Witsous –
Plaas 1 pakkie pasta sous in ‘n mikrogolfbare bakkie. Voeg die koekmeel by. Sit gerasperde kaas by en voeg melk by en meng goed. Plaas dan in die mikrogolf vir 5 minute. Roer so af en toe.
Haal die witsous uit en voeg die gebraaide spek by. Sny die Vienna in skyfies daarby. Meng spek en die vienna in jou witsous in.
Bediening –
Skep die witsous mengels oor die skyfies. Rasper bietjie kaas oor, plaas dit in die microgolf sodat die kaas bo-oop bietjie smelt. En bedien warm.
Fluit fluit my storie is uit.
Dis hemels, probeer die resep.

Nota: Madeleine Meintjes:
Dit lyk soos die immer gewilde “fully loaded chips”. Skyfies met ‘n kaas witsous bo-oor, met bros gebraaide bacon bits, en weer n lekker geurige kaas bo-oor. Vir diegene wat van n byt hou, kan vars gesnipperde jalepenos oor die bacon strooi en dan die kaas. Vrek lekker en BAIE vullend. n Maaltyd op sy eie.

Nota: Bianca Greyling‎:
Ek het ‘n hele ruk terug hierdie Cuban Skyfies resep op die groep gekry. Ek het dit gister gemaak en jinne dit was nou lekker! Ek het i.p.v die spek en viennas, spek worsies gebruik en ek kon nie die Knorr sous kry nie toe gebruik ek Royco se kaas en knoffel souspoeier. Ek het ook my eie chips gebak, ek is nie mal oor daai wat mens in die pakke koop wat jy net kan gaarmaak nie. Dit was regtig uit die boonste rakke! Julle MOET die een probeer as julle nog nie het nie!