BROWNIES MET KARAMEL EN GRONDBOOTJIEBOTTER BO-LAAG



Ek het vandag Meisie se brownie ‘n ander baadjie aangetrek en dit is regtig baie baie lekker. Mens kan enige brownie resep gebruik, self een ui t ‘n “boks” en dan net die volgende oorsit wanneer hy afgekoel het.
BROWNIES MET KARAMEL EN GRONDBOOTJIEBOTTER BO-LAAG
Bak enige brownie resep waarvan jy hou, ek het hierdie een gebruik.
http://www.foodloversrecipes.com/…/sjokolade-fudge-brownies/
BOLAAG
1 blik karamel kondensmelk
200 g gladde grondboontjiebotter
250 g Mascarpone
10 ml vanilla
1.25 ml sout
Meng die bestanddele met ‘n klitser totdat dit baie mooi glad is. Wanneer die brownie heeltemal afgekoel het, smeer die bo-laag oor en strooi grof gekapte gesoute neute bo-or…
Dit is uit die boeke lekker en die sout van die neute maak regtig ‘n verskil… met hierdie resep kry jy na 1 blokkie, jou suiker voorraad vir 6 weke in… beslis nie vir mense op dieet nie.
Geniet.
Resep en foto: Rina Kleinhans