PETRE SE KAPOKAARTAPPEL EN WORS GEREG
Heel toevallig was dit op my spyskaart vir vanaand… Ek het vanmiddag n resep hier gesien, maar kon dit nie opspoor nie… Hier is my weergawe…
4 aartappels.. geskil, in blokkies gesny, en sag gekook in sout water…
Gooi water af..
Voeg een opgehoopte eetlepel botter, en n half teelepel bakpoeier opgelos in n bietjie melk by, asook n klein bietjie fyn neutmuskaat..
Maak fyn en hou eenkant..
Ek het nog van gisteraand se Basmati rys oorgehad… dit n bietjie warm gemaak en met n bietjie botter gemeng.. voer n pirex bak met die rys uit..
Vir die wors vulsel het ek ..
2 groterige uie gekap..
Halwe greenpepper gekap
Half teelepel fyn knoffel
2 klein takkies roosmaryn gekap
2 takkies oreganum gekap
Vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai bogenoemde alles saam in n pot of pan tot uie sag en deurskynend is…
Voeg een blikkie tamatie en uiesmoor by, asook 3 eetlepels Chutney, 3 eetlepels Sweet Chili sous, n bietjie Soja sous, en n derde koppie rooiwyn by….
Sny wors in stukke en voeg by uie en tamatie mengsel.. kook goed deur tot wors gaar is..
Maak n pakkie wit uie soppoeier in n bietjie water aan.. voeg by mengsel en prut tot dik.. voeg gekapte pietersielie by en roer deur..
Skep vulsel oor rys in die bak… skep mash bo oor en rasper kaas oor… Bak @ 180 grade tot goudkleurig…
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld