NICO SE GRIEKSE PSOMI PLATBROOD

NICO SE GRIEKSE PSOMI PLATBROOD
Psomi is die Griekse woord vir brood en word ook gebruik as “the best bite”. As sulks is hierdie broodjie smaaklik met botter en konfyt of saam met sop en selfs slaaisouse.
4 koppies wit- of bruinmeel
10 g kitsgis
1 teelepel oreganum
1 teelepel basilie
2 teelepels sout
¼ koppie melk
¼ koppie kookolie
1 ½ koppies louwarm water
Verwarm die meel in ‘n matige oond tot louwarm.
Neem ‘n halwe koppie van die meel, die gis, sout, oreganum en basilie en meng met 1 koppie van die louwarm water. Laat staan vir so 10 minute totdat die mengsel lekker skuim.
Meng die meel, gismengsel, melk, olie en die res van die louwarm water saam om ‘n stywerige taai deeg te vorm.
Knie vir 5 min totdat klewerigheid verminder het. Bedek die houer met deeg met plastiek en laat staan vir 1 uur op ‘n warm plek of tot dubbel in grootte.
Knie plat en smeer hele deeg met bietjie kookolie. Vorm ovaal broodjie op plat gesmeerde oondpan en bedek met vadoek. Los op warm plek totdat volume weer verdubbel het.
Bak by 180°C vir 35 to 40 minute, met 250 ml bakkie water onder in oond.
Resep en foto: Nico Conradie