MARYKE SE SPUR NACHOS

 

MARYKE SE SPUR NACHOS
Die geheim is die sous wel, dis All Gold se chillie and herb mexican style diced tomatoes.
Plaas blikkie se inhoud in potjie en voeg by 1 pakkie tamatie pasta, vars fyn gerasperde garlic so sterk jy dit verkies maar wees net vir sigtig vir te veel want dit kan als bevoeter. Ek gebruik net so 2 of 3 stukkies van knoffel huisie en bietjie chillie pepper.
Jy kan gladde roomkaas of maaskaas gebruik. Ek sukkel om my roomkaas gesmelt te kry oor my chips so ek meng myne in my sous in terwyl die sous bietjie prut. Prut alles vir so 5 min. (wees versigtig want die sous spoeg so bietjie, so prut op lae hitte en maak die potjie maar toe terwyl sousie prut. Roer net so af en toe sodat dit nie vas brand.
Dan gebruik jy Doritos se cheese chips, want dis die naaste aan die nachos chips wat spur gebruik. Jy kan dit koop in winkels dis net vrek duur. Plaas ‘n lagie cheese doritos chips, dan lekker baie sous oor dit, dan laag mozzarella (kan cheddar gebruik maar omdat chips klaar baie cheddar flavour het gebruik ek mozzarella). Herhaal elke stap soveel keer as wat jy verkies. Plaas dan in mikrogolfoond vir so 3 tot 4 min tot mozzerella lekker gesmelt is oor alles.
Bo op dit kom jou mashed avo met die chillie and herb mexican style diced tomatoes.
Jy sal geen ander weergawe van nachos weer eet nie. Dit is heerlik en proe nes spur sin, dalk beter want dis nog tuisgemaak ook.
Resep geplaas deur Maryke Smit Robberts
Foto: Maryke Smit Robberts