LIEZEL SE GEPLUISDE VARK

LIEZEL SE GEPLUISDE VARK
(PULLED PORK)
1.8 kg vark skouer (as dit die regte benaming is)
Bietjie olie
1 groot gekapte ui
½ koppie hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies
1 koppie uncle Jimmies
½ koppie appelasyn
¼ koppie bruinsuiker
1 eetlepel mosterd
1 eetlepel Worcestersous
1 eetlepel cayenne pepper (my mond het amper afgebrand) of na smaak
1 ½ teelepel gedroogte tiemie
Smeer die oppervlak met bietjie olie. Sit die varkie in die slow cooker en sprinkel al die betanddele bo-oor. Sit op hoog en kook vir omtrent 5 ure. Tot dit uitmekaar val.
Resep geplaas deur Liezel Van Der Merwe
Foto: Liezel Van Der Merwe