LEANDRI SE HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST

LEANDRI SE HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST
1 kg maalvleis
1 blikkie Italiaanse tamatie
1 ui gekap
Speserye na smaak
1 kop blomkool in blomme gebreek
6 groot aartappels

Stoom blomkool gaar en kook geskilde aartappels tot gaar.
Braai uie en maalvleis tot bruin
Voeg al die ander bestanddele by en laat prut
Plaas die blomkool en aartappel saam in voedselverwerker en maak fyn. Voeg sout en peper na smaak by.
Plaas n lagie blomkool en aartappel mash dan ‘n dik laag maalvleis en die res van die mash
Bak vir so 30 min in n voorverhitte oond op 200ÂșC
Bedien saam sambels.
Resep en Foto: Leandri Potgieter