KOOS SE PASTA GEREG MET KAASKRULLE

KOOS SE PASTA GEREG MET KAASKRULLE
½ groot pak kaaskrulle
1 pakkie spek
250 g kaasworsie
½ pak pasta
1 koppie melk
½ koppie room
Ekstra kaas vir bo-oor te strooi.
Ek het spek en stukkies kaasworsies gebraai.
My vrou het pasta gekook daai “Tricolore screws tipe”.
Toe dit gaar is het sy vir hulle uit gesekep en toe voeg ek room en melk by (½ koppie room en 1 koppie melk) die pasta wat oor was in die pot nadat dit dreineer is en kook tot begin borrel. Toe gooi ek die kaas krullers in en meng alles goed.
Toe voeg ek die spek en kaas wors stukkies in roer weer goed..
Alles in n bak gegooi, kaas oor gerasper en in die oond gebak tot die kaas begin bruin word.
Bietjie droog.
Ek dink ek moes meer melk en room in gegooi het.
Resep en Foto: Koos van der Merwe