HANDIGE BOKSOOND VIR BRAAI

HANDIGE BOKSOOND VIR BRAAI
Maak ‘n BOKSOOND om disse op kole te bak. Van hoeder, pizza tot koek en poeding…
Neem stewige karton (boks) van so 500 x 500 x 500. Voer sy binnekant met drie lae dik aluminium foelie sodat die punte deels om die boks se buitekante gevou kan word. Draai die boks onderstebo en maak ‘n paar vinger grootte gate in die bo-kant.
Die “omgekeerde boks” is jou oond, geplaas op oop braairooster, (wat darem groter is as die 500 x 500 boks) met hoender/wat ook al op die rooster.
Die karton gee presies dieselfde effek as die deksel van ‘n Webber. Sorg moet altyd gedra word dat jy nie op direkte hitte werk nie.
Vul matige kole en warm as aan van tyd tot tyd soos nodig.
Idee gepos deur Nico Conradie