ELSABIE SE TUISGEMAAKTE PIZZA

ELSABIE SE TUISGEMAAKTE PIZZA
Pizza was die een ding wat ek gemis het in Cornwall. Tuisgemaakte pizza. Vanaand het ek bietjie gekul en winkeldeeg gebruik. Ek het focaccia met growwe sout, olyf olie en roosmaryn op gemaak van twee stukke deeg. Toe twee pizzas met salami en pynappel en laastens twee brood rolletjies vir môre.

Sny pak brooddeeg in 6 gelyke dele met skerp gladde lem mes. Rol baie dun uit (ons hou van dun krakerige basis). Sit op pan wat met olyf olie gesmeer is en dan liggies met mieliemeel of semolina gestrooi is (dit help vir krakerige onderkant van pizza – idee by Jamie Oliver gekry). Smeer tamatie paste oor die deeg met agterkant van ‘n lepel. Rasper knoffel huisie oor en strooi Italiaanse kruie oor. Sit bestanddele van jou keuse op en strooi met gerasperde Mozzarella kaas. Bak by 225°C vir 20 min of tot gaar.
Foto’s en resep deur Elsabie Templeton