CHRISTELLE SE BROCCOLI ROEREIERS

CHRISTELLE SE BROCCOLI ROEREIERS
Pas resep aan vir hoeveelheid mense.
2 eiers, geklits met bietjie melk
sout en peper na smaak
vars pietersielie, fyn opgekerf
vars sprietuie, fyn opgekerf
vars brocolli, fyn opgekerf
Mozarella of kaas van jou keuse, om oor te rasper
1 na 2 snye Sasko Plus Soya & Linseed Brood

Giet ‘n klein bietjie olie of stuk botter in ‘n pan en verhit die pan.
Voeg al die boonste bestanddele behalwe die kaas en brood bymekaar en gooi in die verhitte pan.
Laat stadig op gasstoof prut tot gaar.
Skep op die brood en strooi dadelik die kaas oor (of meng kaas met items in pan as jy dit verkies).
Resep en foto: Christelle van Rooyen