BRUIN UIESOP AARTAPPELS

BRUIN UIESOP AARTAPPELS
4 groot aartapels
150 g botter of margarien
1 pakkie bruin uiesop
Sny aartappels in konsertina styl.
Smelt botter.
Voeg sop by botter meng goed.
Skep die bottermengsel oor die aartappels.
Kook op hoog in mikrogolf 20 min in bak met deksel op.
Resep en foto: Meisie Van Der Colff

Ek hou baie van hierdie aartappels! my Resep wat ek volg is
2 pakke middelslag aartappels skoon gewas, sny in skywe, maar nie heeltemal deur nie, sit in oondpan met ‘n deksel,
Strooi nou 2 pakkies bruin uiesop oor en vat 500 g regte botter (kan 500 g Rama ook gebruik) en sny in skywe, sit bo op aartappels, sit deksel op en sit in oond 180 ÂșC vir +- uur of todat aartappels gaar is!
Ek kook nie aartappels voor die tyd nie!
Baktyd kan langer vat afhangende van die tipe aartappels wat jy gebruik! So ek maak maar pan elke 30 min oop om te kyk! Baie lekker saam met braaivleis of steak.

Ronel Thoma