SUIKER POPCORN


SUIKER POPCORN
Resep en foto: Erna Van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
My ma se lekker suiker popcorn reseppie waarmee ek grootgeword het.
1 koppie suiker
1/3 koppie water
1 eetlepel kleursel
½ teelepel kremetart
Meng alles en roer tot opgelos en kook dan vinnig vir 5 min.
Roer vinnig deur die popcorn.
Die stropie is min. Maar jy kom nogal ver daarmee. Dit hang maar af hoe dik jy die suiker lagie wil he. Ons spring gewoonlik in my gewone groot kastrol, dan is dit so min of meer 10 koppies. Dit hoef nie heeltemal toe met stroop te wees nie. Anders is dit baie soet. Raak vinnig ‘n suikerlagie