NICO SE AARBEI EN PIESANGBROOD


NICO SE AARBEI EN PIESANGBROOD
Ek het bietjie ge-eksperimenteer op die tema van piesangbrood en was aangenaam verras met die njammie en klam resultaat. Het myne in ‘n ysterpot gebak.
125 ml kookolie
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla
3 eiers
1 koppie meelblom
1 koppie bruismeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 teelepel gemmer
½ teelepel neut
3 groot piesangs
1 handvol aarbeie
Verwarm oond tot 180°C
Druk piesangs en aarbeie fynerig met vurk.
Gooi alles behalwe die meel by en meng goed.
Vou die meel bietjie vir bietjie in.
Gooi beslag in gesmeerde pannetjie en bak vir so 1 uur tot gaar.
RESEP EN FOTO: NICO CONRADIE