MADELYNN SE MALVAPOEDING



MADELYNN SE MALVAPOEDING
Resep geplaas deur Madelynn Duvenhage
Foto: Madelynn Duvenhage
Tweede foto Magda Van Der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Sous:
125 g botter
¼ koppie suiker
65 ml water
¾ koppie room
1 eetlepel vanilla geursel
Mengsel:
1 eetlepel botter
½ koppie suiker
1 eier
1 eetlepel appelkoos konfyt
1 eetlepel asyn
1 koppie meel
1 teelepel koeksoda
knippie sout
Meng botter en suiker saam, dan die eier. Klits dan die konfyt en asyn saam tot goed saam gemeng. (Ja, die mengsel gaan bietjie “stywer” uitkom, dit is normaal).
Bak in die oond vir 60 min teen 180°C (met ‘n deksel of folie bo-oor die mengsel op).
5 min voor die pudding reg is, berei die sous voor.
Sous:
Smelt die botter in ‘n pan oor medium hitte. Voeg dan die water, room, vanilla en suiker by en meng dit goed saam.
Sodra die poedding uit die oond is, giet die sous oor en laat dit intrek.
Nota: Magda Van Der Merwe – Naand al die baksusters ek het toe een van Food lovers se malvapoedings in muffinpanne gebak uit die pan gehaal en toe dadelik sous oorgeskep, dit is heerlik en dit help baie met porsiebeheer.