KOOS SE AARTAPPEL KAAS EN BACON KOEKIES


KOOS SE AARTAPPEL KAAS EN BACON KOEKIES
6 Aartappels gekook en fyngemaak, gegeur met Sout, Peper, BBQ na smaak.
2 Pakkies Bacon Bits gebraai en op die einde so n hand vol na smaak gedroogte uie vlokkies by die gaar bacon gegooi
200 gram gerasperde Cheddar kaas
Roer diefyn aartappels en Bacon bymekaar en laat afkoel
Roer die kaas in nadat alles afgekoel is
1,5 koppie koekmeel
3 eiers(Geklits)
Roer die koekmeel en eiers saam in by die aartappels, Kaas en Bacon
Rol bolleties en druk plat
Bak in olie so op my stoof plaat no 4
Ek het agtergekom jy moet wag tot dit bo begin bruin word sonder om, om te draai en dan haal jy dit uit. Kaas is dan net mooi gesmelt binne en die koekies nie gebrand nie
My seun se ook dat hulle amper dieselfde doen as hulle op visvang trips gaan en dat jy eintlik die mengsel in die yskas bere vir so n uur om mooi te set voor jy dit bak
Resep geplaas deur Koos van der Merwe
Foto: Koos van der Merwe