KOEDOEFRIKKADELLE

KOEDOEFRIKKADELLE
Resep geplaas deur Rene Truter Wessels
FOOD LOVERS RECIPES
500 g koedoe maalvleis (400 g koedoe en 100 g varkvleis)
Voeg die volgende bestanddele by:
1 fyn gerasperde ui
2 eiers
1 koppie broodkrummels
30 ml breyani spice
2 teelepels sout
½ teelepel swartpeper

Meng bestanddele deeglik. Indien te styf is, verdun met melk. Maak klein bolletjies van die maalvleis en braai tot bruin in ‘n platboompot of braaipan met kookolie. Haal die bolletjies uit die pan.
Sous:
1 blikkie hoender roomsop
3 koppies melk

Neem die hoender roomsop en voeg die melk by. Giet sous in pan waarin (die olie moet nie verwyder word nie) vleis bolletjies gebraai is. Roer deeglik tot dit kook.
Voeg dan vleis bolletjies by. Prut vir 10 minute. Bedien met gegeurde rys en vars opgekookte groente.