GERHARD SE VERRASSING ONTBYT ROLLETJIES

GERHARD SE VERRASSING ONTBYT ROLLETJIES
brood rolletjies
gerasperde kaas van jou keuse (ek het cheddar gebruik)
piesang, gesny
spek stukkies, gebraai
eiers
sout en swartpeper

Sny die top gedeelte van die broodjies af (soos ‘n deksel) en verwyder die binneste om ‘n bakkie te maak. Hou die afgesnyde dele as deksels vir later.
Plaas die bestanddele in lae in die broodjie soos volg: 1ste kaas, gesnyde piesang, kaas, spek stukkies, breek ‘n eier laastens bo-op die lae.
Strooi sout en swartpeper oor en sprinkel bietjie kaas oor die eier.
Sny die korsie gedeelte van die verwyderde stuk brood af en plaas dit terug oor die eier om ‘n deksel te vorm.
Sprinkel kaas bo-oor en plaas die broodjies in ‘n oondbak. Bak die broodjies in die oond op 180°C vir 25 min.
Resep en foto: Gerhard Louw