ELSA SE VLEISBOLLETJIES



ELSA SE VLEISBOLLETJIES
My sussa maak nou al vir baie lank die lekkerste vleisbolletjies, ek deel graag die resep vir die Meatball-addicts soos ek.
1 kg maalvleis
1 medium fyn ui
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 teelepels kerriepoeier
½ teelepel borrie poeier
Hawermout (oats) om mee aan te maak
Gooi 2 cm water in kastrol en voeg by 2 eetlepels elk tamatiesous en Worcester sous, laat prut.
Meng als saam vir bolletjies en kook op stoofplaat in sous tot gaar.
(Jy kan speel met resep, ek sit soms oregano by, of sweet basil of selfs roosmaryn. Basille kruid ‘trou’ mooi met die tamatiesous)
Nota: ek hou van redelike stywe vleisbolletjies, ek het gister, toe ek dit gemaak het, sowat 1 koppie oats bygevoeg.
Wat jy kan doen, voeg minder by en meng als goed, jy sal sommer voel die bolletjie is te pap. Jy kan altyd nog byvoeg, tot jy voel dis reg. Die bolletjie moet ferm bly en sy vorm behou. My ma het meer as ‘n koppie bygevoeg vir harder (digter consistency) bolletjies.
Jy proe nie die oats nie, moenie daaroor bekommerd wees nie, dit dien net as ‘n bindmiddel.
Resep en foto: Ida de Beer
2de foto: Adam Cloete