ELNA SE KAASPOFFERTJIES


ELNA SE KAASPOFFERTJIES
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
knypie rooipeper
60 g gerasperde kaas
500 ml melk
2 eiers
Voorverhit die oond 200°C.
Spuit muffin pannetjies met kleefwerende middel.
Sif droë bestandele saam.
Voeg die kaas by.
Klits melk en eiers saam.
Voeg by meelmengsel meng tot ‘n slap deeg.
Skep die holtes van die muffinpannetjies twee derdes vol deeg.
Bak vir 15 min tot goudbruin.
Resep geplaas deur Elna Erasmus
Foto: Elna Erasmus
(Vir granering het ek suurlemoenblare gebruik)