CHANDRE SE PERSKE EN APPELKOOS NAGEREG

CHANDRE SE PERSKE EN APPELKOOS NAGEREG
2 eiers
100 ml botter
250 ml suiker
300 ml koekmeel
2 teelepels bakpoeier
410 g perskes
60 ml appelkooskonfyt
60 ml water
Stroop:
100 ml appelkooskonfyt
stroop van perskes

Meng eier, botter en suiker saam.
Sif bakpoeier en meel in eiermengsel in en meng goed.
Plaas konfyt en water in mikrogolf vir ‘n minuut en meng dan dit by eiermengsel en meel in.
Plaas die perske skywe in ‘n oondbak en skep die deegmengsel oor.
Bak in oond 180ÂșC vir 20 tot 25 min.
Kook die sous van die perskes in ‘n pot tot stroop en voeg die konfyt by.
Laat kook stroop en skep die warm stroop oor die nagereg wanneer dit klaar gebak het.
Resep en foto: Chandre Roman