ADAM SE ANDERSE BRANDEWYN POEDING


ADAM SE ANDERSE BRANDEWYN POEDING
Vir die beslag:
2 koppies koekmeel
2 geklitste eiers
1 koppie bruinsuiker
1 teelepel bakpoeier
125 gram botter
½ teelepel sout
1 koppie rosyntjies (tradisioneel word dadels gebruik)
1 teelepel koeksoda
1 koppie kookwater
125 gram botter
1 koppie gebreekte gesoute grondboontjies (tradisioneel word neuter soos okkerneut of pecan neute gebruik)
Vir die sous:
1 eetlepel botter
1 ¼ koppie brinsuiker
1 koppie water
½ koppie brandewyn
1 derde koppie medium cream sjerrie
1 teelepel vanielje geursel
Plaas die rosyntjies in ‘n bak en strooi die koeksoda daaroor. Giet die koppie kookwater daaroor en roer deurmekaar. Hou eenkant.
Verroom die 1 koppie bruinsuiker en 125 gram botter en roer dan die geklitste eiers daarby. Voeg die rosyntjie mengsel by en roer deeglik.
Sif die meel, bakpoeier en sout en voeg by die mengsel, asook die grondboontjies. Meng alles deeglik en plaas die beslag oor in ‘n oondbak wat met kleefwerende sproei gespuit is. Bak vir 40 minute by 180ºC of tot ‘n toetspen skoon uitkom. (Ek het dit vir 60 minute in my gasoond moes bak)
Vir die sous:
Verhit die water, botter en suiker in ‘n kastrol en voeg helfte van die brandewyn en sjerrie by. Bring tot kookpunt en laat kook vir 5 minute. Haal van die hitte af en voeg die res van die brandewyn en sjerrie asook die vanielje geursel by. Giet die sous oor die poeding wanneer dit uit die oond kom.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.