VIS IN SUURROOM

VIS IN SUURROOM
800 g stokvis
Melk
Sout/peper na smaak
Vars broodkrummels
250 ml suurroom
1 tamatie in skywe gesny
150 ml gerasperde kaas
Gekapte pietersielie

Voorverhit die tot 180 grade C.
Smeer ‘n oondpan.
Doop die vis in melk en geur liggies met sout en peper.
Rol in broodkrummels en pak in die voorbereide bak.
Giet suurroom oor sprinkel kaas bo-oor en pak die skyfies tamaties oor.
Bak sowat 30min lank of totdat vis gaar en die kaas gesmelt is.
Sprinkel pietersielie oor.
Genoeg vir 4 – 6 mense.
Foto: Annelize de Bruin