TUISGEMAAKTE “SOFT SERVE” ROOMYS


TUISGEMAAKTE “SOFT SERVE” ROOMYS
Ek het die op die voedselkanaal gesien en gemaak. Die dame het dit “soft serve” genoem. In kort is dit Italiaanse meringue met room
2 eierwitte,
125 gr suiker,
62,5 ml water,
125 ml room of orleywip.
1/2 teel geursel
Plaas suiker en water in swaarboom kastrol, verhit oor meduim hitte en kook tot sagte bal staduim. Sodra dit begin kook, moenie roer nie. Klits die eierwitte met mespunt kremetart tot ‘”soft peak” staduim met meduim spoed. Hou aan klits terwyl stroop stadig bygevoeg word. Sodra al die stroop ingeklits is, verhoog spoed en klits tot glansend. Laat afkoel.
Klits room tot styf. Voeg geursel by. Vou in by afgekoelde eierwitte tesame met enige iets wat jy graag wil byvoeg. Gekapte kersies of sjokolade.
Skep in bak en lekker tuisgemaakte roomys.
Smelt nie.
Hou n week in die yskas en ‘n maand in die vrieskas.
Kan vir kinders in cones geskep word sonder vrees dat hulle orals gaan mors
Resep en foto: Maritha Fourie Theron