SUNNY SIDE UP TERT


SUNNY SIDE UP TERT
Kors
1 Pakkie Tennis beskuitjies
4 eetlepels botter (of na smaak)
Vulsel:
250 ml Ultra Mel room
1 blikkie kondensmelk
1 bakkie fyn maaskaas
5 ml vanilje geursel
1/4 koppie suurlenoensap
15 ml gelatien
1/4 koppie lou water
Bolaag:
1 blikkie halwe appelkose
2 teelepels suiker
2 teelepels Maizena
Kors:
Rol die koekies fyn, smelt die botter en meng in die koekies in. Druk vas en sit bak in yskas.
Vulsel:
Klits die room tot styf. Voeg die kondensmelk en maaskaas by en meng.
Voeg vanilje en suurlemoensap by.
Los 15 ml gelatien in lou water op, voeg by en meng deur.
Los in yskas vir 2 ure.
Bolaag:
Dreineer appelkose se sap in ‘n pot. Voeg daarby die suiker en maizena (meng die suiker en maizena voor jy dit by roer) en kook tot helder. Roer heeltyd. Moet nie te lank kook anders is dit te styf.
Pak die appelkoos halwes bo op die vulsel en skep die stroop lepels vol bo-oor die appelkose om dit soos eiers te laat lyk.
Plaas in die yskas tot die volgende dag maar as jy dit nie kan uithou nie sal dit nog steeds lekker proe maar net nie gestol wees nie.
Resep en foto: Riana Henrico Botha