PAPEGAAI PANNEKOEKIES


PAPEGAAI PANNEKOEKIES
Aangesien ons resepte het vir honde koekies, is hier een vir ons vere-kinders 😊
1 piesang
1 eier
1 eetlepel Jungle Oats
1 eetlepel heuning
Gooi alles in vermenger en meng goed tot dit soos skuim lyk.
Vat pan en smeer met coconut olie.
Gooi deeg in klein pannekoek groottes.
Bak op lae hitte, sodra borrels maak draai versigtig om dis baie delikaat.
Sodra gaar, laat koud word en gee vir jou papegaaie.
Kan in yskas gebêre word vir 4 dae en vries ook goed.
Variasies wat bygesit kan word is peanutbutter, klapper stukkies, selfs droë vrugte.
Foto: Frances Smith
Nota: Hierdie resep het ek gekry by mense wat werk met papegaaie en rehab van gaaie. Hul werk saam Onderstepoort. Die peanutbutter is net 1 teelepel