OOM PAUL POEDING

OOM PAUL POEDING
Ek het die resep gekry in die resepteboek, 500 Uitsoek Resepte wat Old Mutual in 1972 uitgegee het. Die resepte is gekies van resepte wat lede ingestuur het en die inkomste uit die verkoop van die boek was vir liefdadigheid geskenk. Die betrokke resep kom van Mev. J Pelser van Stilfontein. Op die oog af lyk dit soos enige ander gebakte bruin poeding, maar daar is tog bietjie verskil. Probeer dit gerus vir hierdie koue wintersdae.
OOM PAUL POEDING
2 koppies koekmeel
1 koppie suiker
1 teelepel kaneelpoeier
1 koppie vars broodkrummels
2 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
1 groot teelepel koeksoda
bietjie melk
Meng die meel, suiker, kaneel, broodkrummels en eiers in ‘n mengbak.
Voeg dan die appelkooskonfyt en koeksoda wat met ‘n bietjie melk gemeng is, net genoeg om ‘n stywe deeg te vorm, by.

Stroop:
4 koppies kookwater
2 koppies suiker
1 eetlepel botter en
1 teelepel vanielje
Laat dit kook tot die suiker opgelos is.
Giet die stroop in ‘n oondbak en plaas die deegmengsel in die middel van die bak in die stroop.
Bak by 180ºC vir ongeveer 20 minute.

Foto: Adam Cloete
Resep geplaas deur Adam Cloete