MOKKA SELFSOUS POEDING


MOKKA SELFSOUS POEDING
Resep en foto: Erna Van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
My vinnige Sondagaand poeding.
60 g botter
1 koppie strooisuiker
1 ½ koppie bruismeel
180 ml melk
½ koppie kakao, verdeel
1 koppie donkerbruin suiker (treacle)
2 teelepels kits koffiepoeier
2 koppies kookwater
Plaas die botter in ‘n 3 liter glasbak en smelt vir 1 minuut in die mikrogolf.
Voeg die strooisuiker, meel, melk en helfte kakao by die botter en meng tot glad.
Meng die res van die kakao, bruinsuiker en koffiepoeier saam en strooi dit eweredig oor die deeg in die glasbak.
Giet laastens die kookwater versigtig oor.
Bak onbedek vir 12 min in die mikrogolf, of tot gaar in die middel.
Laat staan die poeding vir 5 min voor opdienning. Net 1 vuil bak wat oorbly!
Nota – Ek het die bruismeel met koekmeel en 2 teelepels bakpoeier vervang en die strooisuiker met gewone suiker.
Gebruik maar ‘n baie groot bak, anders gaan hy oorkook.