MILOKOEKIES


MILO KOEKIES
Gevulde Milo koekies
Ongeveer 60 gevulde klein koekies
300 ml witsuiker
300 ml bruinsuiker
3 eiers
350 g sagte margerien
1 Liter bruismeel*
375 ml Milo
5 ml vanieljegeursel
Vulsel:
250 ml suiker
115 g margerien
75 ml melk
30 ml milo
30 ml kookwater
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer bakplaat.
Klits die wit-enbruinsuiker en die eiers. Roer die margerien by en meng goed.
Voeg die bruismeel, Milo en vanieljegeursel by en meng baie goed tot n sagte deeg.
Rol in klein balletjies en plaas op die voorbereide bakplaat, nie te na aan mekaar nie.
Druk effens plat en bak 10 – 15 minute. Laat afkoel.
Vulsel
Giet suiker, margerien en melk in ‘n kastrol.
Meng Milo met kookwater en voeg by.
Meng goed en kook vinnig vir 5 minute. Haal van die stoof af en klop tot styf en koud.
Smeer vulsel op Milokoekies en plak opmekaar.
*Amount: 1 kilogram (kg – kilo) of self raising flour (SRF) mass
Equals: 1.89 liters (L) in self raising flour (SRF) volume
MILO KOEKIES
1 ½ koppies witsuiker
1 ½ koppies bruinsuiker
3 eiers
375 g margarien
3 ¾ koppies bruismeel
1 ½ koppies milo
1 ½ koppies sjokoladesplinters
1 teelepel vanilla geursel
Klits wit en bruinsuiker saam met die eiers.
Voeg margarien by. Voeg bruismeel, milo en sjokolade by. Voeg vanielje by.
Laat staan vir 10 min. Skep klein skeppies op bakplaat en bak vir 10 – 15 min by 180ºC.
aat staan vir paar min voor jy dit van die plaat afhaal (moet net bietjie hard word)
Bron: Leandra v/d Westhuizen
Foto: Marietjie du Toit