“MEATY MAN CHEESE PIE”

“MEATY MAN CHEESE PIE”
1 gekapte ui
2 eetlepels gekapte knoffel
1 teelepel braai speserye
500 g maalvleis
1 pak winkel deeg
1 pak stroganoff cook-in poeier
300 ml melk
3 koppies gerasperde cheddar kaas
1 ronde feta kaas
1 eier geklits met bietjie melk

Braai ui en knoffel sit maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg speserye by.
Meng melk met stroganoff poeier.
Voeg by maalvleis, en kook goed deur, dit sal ‘n droërige mengsel wees.
Rol deeg uit en deel in twee.
Vul een helfte met maalvleis, strooi die gerasperde kaas oor en krummel die feta oor.
Plaas die ander uitgerolde deeg bo-op, druk die kante mooi toe met ‘n vurk.
Verf met eier was.
Bak 20- 30 min teen 180°C.
Resep en foto: Cecil Dunhin