LENORE SE SJOKOLADE SPONSKOEK


LENORE SE SJOKOLADE SPONSKOEK
Sif saam:
2 koppie koekmeel
4 teelepels bakpoeier
knippie sout
Kook saam:
½ koppie kookolie
½ koppie melk
½ koppie water
Laat afkoel.
Klits :
4 eiers en 1 ½ koppies suiker baie goed saam.
Vou meel goed by eier mengsel. Voeg gekookte mengsel bietjie bietjie op ‘n slag by en klop goed.
Mengsel genoeg vir 2 panne. Bak 35 min of tot mengsel gaar is by 180ºC.
Nota:
(Ek het 1 ½ koppies koekmeel en ‘n ½ koppie kakao geneem om 2 koppies meel te maak)
Versiersel
1 blok bruin sjokolade en 1 ½ blikkie Nestle room saam gesmelt, laat afkoel. Voeg 2 eetlepels kakao by gesmelte sjokolade en Nestlé room
Ek het dieselfde gedoen met wit sjokolade geen kakao.
Bron en foto: Lenore Combrink