JOLANDI SE APPELTERT VAN VARS APPELS


JOLANDI SE APPELTERT VAN VARS APPELS
Die resep is van 3 wat ek een gemaak het hoop jul geniet dit.Vir die wat daarvan hou gooi bietjie kaneel suiker oor die tert. Eet met vla of roomys.
Appeltert
10 pienk lady apples geskil en pitte uitgehaal.
Kook met halwe koppie bruinsuiker en 6 heel naeltjies. Kook tot appels sag is. Water af.
Deeg.
1 koppie suiker
3 eetlepel margarien
Room saam.
3 eiers
Klop 1 eier op ‘n slag by suiker mengsel .
1 koppie koekmeel
Knypie sout
1 teelepel bakpoeier
Gooi by eier mengsel
Voeg 1/4 koppie melk by.
Skep deeg in groot oond pan skep lepels appels op die deeg.
Bak 30 min in (180ºC) of tot bruin.
Foto en resep:  Jolandi Greyling