JEANETTE SE KAASSKONS


JEANETTE SE KAASSKONS
2 koppies koekmeel
2 eetlepels bakpoeier
Sout
Rooipeper
2 koppies kaas
2 koppies melk
2 eiers
Sif droë bestanddele saam en sit kaas by.
Klits eiers en melk saam en meng by die droë bestanddele.
Skep in gesmeerde cupcake panne en bak vir 15 min op 200 grade.

Bron en Foto: Jeanette Martins
Nota:  dit is REGTIG twee eetlepels. ‘n Mens dink dit gaan na bakpoeier proe, maar dit doen regtig nie