GEDROOGDE SPINASIE

GEDROOGDE SPINASIE
Jy kan spinasie ook droog. Hulle noem dit “green powder”.
10 bossies maak omtrent ñ driekwart heuningbotteltjie vol poeier.
Ek gooi so teelepel in my sop, stews en souse.
Ek spoel blare af in water met 2 vit C tablette in opgelos. Verwelk dit net in mikrogolf en droog dan. Droging kort net hitte en sirkulasie.
As humiditeit laag is soos nou by ons, neem dit so 2 dae om kurkdroog te word.
Berging is belangrik. Lugdigte houer in koel, donker plekkie is die ideaal.
Ek droog myne in my droeër en buite as ek BAIE het, maar ñ oond werk net so goed. Dis soos beskuit droog. 60 -70 grade C. Behoort die vlg dag reg te wees.

Resep geplaas: Christine Pienaar