GEBOTTELDE HEEL KOEMKWATE


GEBOTTELDE HEEL KOEMKWATE
My koemkwat oes was maar lig want dis die boompie se eerste drag maar ek het darem twee potjies ingelê. Ek het die resep n bietjie aangepas want ek het nie n vol kg vrugte gehad nie hierrie is dus die bolresep soos vir 1 kg
1 kg koemkwat ( het geprik met n tandestokkie )
3 koppie water
2 koppie heuning
1/2 koppie suiker
Plaas die water, suiker en heuning in ‘n kastrol en bring die mengsel tot kookpunt deur stadig te roer
Plaas dan die vrugte in die mengsel en bring weer tot kookpunt
Stel dan die hitte so dat die mengsel staaaadig prut vir 30 — 40 min as dit te vinnig kook maak die vruggies blase op die skil
Skep van tyd tot tyd die skuim af en roer gereeld liggies.. moet nog ferm wees, moenie pap kook nie.
Bottel warm in voorbereide bottels
Foto : Gideon Louw