GEBAKTE HOENDERPASTA


GEBAKTE HOENDERPASTA
500 g(1 pak) pennepasta
HOENDER
Bietjie olie
2 uie gekap
5 ml vars gekapte knoffel
8 hoenderborsies in repies gesny
Knypie hoenderspeserye
Sout en peper na smaak

TAMATIESOUS
2 x 410 g blikke gekapte tamaties
2.5 ml droë pietersielie
60 ml blatjang
1 ml sout
Knypie swartpeper
60 ml suiker

WITSOUT
45 ml botter
45 ml koekmeel
500 ml warm volroommelk
1 ml sout
Knypie rooipeper (opsioneel)

BOLAAG
500 ml gerasperde kaas

Kook pasta in borrelende water waarby bietjie olie en sout gevoeg is tot net gaar.
Dreineer en roer bietjie ekstra olie by sodat pasta nie aanmekaar vassit nie.
HOENDER – Verhit die en sorter uie en knoffel tot sag.
Voeg hoender repies by en sorter tot gaar.
Geur na smaak met hoenderspeserye, sout en peper.
TAMATIESOUS – verhit tamaties en pietersielie in kastrol tot warm.
Voeg blatjang, sout, peper en suiker by en laat kook vir 8 minute oor matige hitte tot verdik.
WITSOUS – smelt botter en koekmeel in kastrol.
Voeg melk bietjies-bietjies by terwyl geroer word.
Laat kook tot dik terwyl af en toe geroer word.
Roer sout en rooipeper by.
Verwyder van hitte.
Skep pasta van ±20cm x 34cm wat met kossproei gespuit is.
Skep hoender bo-op pasta, gevolg deur tamatie- en witsous.
Sprinkel kaas bo-oor, en bak vir 35-minute teen 180°C.

Nota 1: om te vries: moenie die gereg voor die tyd bak nie. Bedek met kleefplastiek en vries. Haal voor die tyd uit om te ontdooi en bak vir 35minute by 180°c.
Nota 2: ek gebruik hoenderborsies met die been en vel aan, ek kook dit in water tot gaar, haal dit af en laat afkoel en dan pluis ek dit en dan maak ek dit gaar. Die gewone hoenderborsies is na my smaak te droog, maar dit is elke persoon se keuse watter tipe hoenderborsie hy/sy gebruik.
Foto: Annelize de Bruin